Soechoi Superjet 100

Soechoi Superjet 100
'n Prototipe van die Soechoi Superjet 100 tydens 'n toetsvlug in Komsomolsk aan die Amoer
Tipe Passasiersvliegtuig
Vervaardiger Sukhoi Aviation Corporation
Nooiensvlug 19 Mei 2008
Hoofgebruiker Aeroflot
Vervaardig 2007 tot hede
Aantal gebou 186 teen Mei 2019
Programkoste -
Eenheidskoste -
Sukhoi Business Jet

Die Soechoi Superjet 100 (SSJ 100) is 'n twee-enjin-passasiersvliegtuig wat deur die Russiese vliegtuigvervaardiger Sukhoi Aviation Corporation (Soechoi) vervaardig word. Die enkeldek-straler is oorspronklik as Russian Regional Jet, kort RRJ, bekendgestel en sal geleidelik ouer stralertipes soos die Toepolef Tu-134 en Jakovlev Jak-42, wat tans nog algemeen in die Russiese Federasie gebruik word, vervang.

Die SSJ is deur Soechoi in samewerking met westerse vennote, waaronder die Italiaanse vervaardiger Alenia en die Amerikaanse maatskappy Boeing, ontwikkel. Die vliegtuig se ontwerp lyk baie op dié van Brasiliaanse Embraer E-stralers, die Kanadese Bombardier CSeries en die Dornier 728 (wat intussen gestaak is).

Die finale montering van die Soechoi Superjet 100-straler word by die vliegtuigvervaardigingsaanleg in Komsomolsk aan die Amoer gedoen, terwyl die SaM-146-enjins deur PowerJet, 'n gemeenskaplike Frans-Russiese onderneming, ontwerp en vervaardig word. Die straler word deur SuperJet International, 'n gemeenskaplike Italiaans-Russiese onderneming, bemark.

Op 21 April 2011 het die SSJ 100 sy eerste kommersiële passasiersvlug op die Armeense lugredery Armavia se roete tussen Jerewan en Moskou onderneem.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy